Die De Beerspas is op ‘n grondpad tussen plase in die Winterberge tussen Kookhuis en Tarkastad.
Hierdie pad verbind Kookhuis op die N10-hoofweg met die R344-pad tussen Adelaide en Tarkastad. Die pas is tussen die historiese plase Cheviot Fells (32° 18′ 29″ suid, 26° 16′ 56″ oos, 1372 m bo seespieël) en Spring Valley (32° 15′ 58″ suid, 26° 16′ 56″ oos, 1383 m bo seevlak), styg 290 m in 5 km en bereik ‘n maksimum helling van 1:14.
Oor hierdie pas het die boere van die Tarka die 1820-Setlaars na hul aangewese plasies in die Baviaanskloof gebring. Die pas is vernoem na ‘n boer wat destyds aan die voet van die pas sy grond gehad het.
Lees ook Bedford Daggaboersnek Dassiedeur Glen Lynden Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap